Uit "Kleuterverse" deur ANTJIE KROG [boodskap #19677] |
Wed, 30 December 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uit: KLEUTERVERSE
Antjie Krog
Sarel Tol sukkel saans met seks
en seks sukkel slegs as Tol slaperig is
waarom is Tol saans slaperig?
Tol is saans slaperig omdat warm
water wyn word
waarom word warm water wyn?
warm water word wyn, nee brandewyn
omdat Sarel Tol met 'n pap katroltjie
rol
julle lieg sê Sarel Tol
ek saai slaaisaad
en ek saai slaaisaad laat dit bars
maar ek is gefop
want Anke Malanke lanklaas behoorlik
gefranke
se eikehoutplanke is verrot
en die mense skinner
o die mense skinner hul skunnige
skindery
wat word dan tog van Tol, wat word van
Tol
dat hy so graag in 'n bieblebomse
huis
met bieblebomse kinders lol?
(Otters in bronslaai, 1981)
-----------------
|
|
|